Stukkie van der Merwe- Dis nie net lekker nie, dis van der Merwe lekker
Outentieke rissiesouse uit die hart van die Laeveld.
Voeg ‘n ‘’STUKKIE’’ by jou wereld met ons gehalte bestanddele en ongelooflike smaak.

Wie ons is
Egte Suid-Afrikaanse Geur.
Stukkie van der Merwe is meer as net ‘n sous, dis ‘n smaak uit die hartjie van die Laeveld, gebore uit ‘n passie vir geur en ‘n leeftyd van vriendskappe.
Ons souse, geskep deur Fana van der Merwe, ‘n liefdeswerk geskep met tradsionele resepte en hoe gehalte bestanddele.
‘n Geur met karakter , ‘n naam met trots, dankie Pieter Smith vir die inspirasie….
Ontdek ons reeks smaakvolle rissiesouse
Handgemaak met hart- perfek vir elke smaak .
Proe die Stukkie van der Merwe verskil.

Stukkie van der Merwe
Hot
Gemaak met 'n ryk mango atjar basis, perfek gemeng met knoffel, asyn, suurlemoensap en rissies. 'n Helder, pittige eg Suid-Afrikaanse sous met 'n tropiese kinkel en 'n smaak wat sommer alles laat lewe kry.
Kies jou grootte

Stukkie van der Merwe
Mild
Gemaak met 'n ryk mango atjar basis, perfek gemeng met knoffel, asyn, suurlemoensap en rissies. 'n Geurige sagte sous met 'n subtiele kinkel- vol smaak, net sonder die skop.
Kies jou grootte

Fana-Peri
'n Vuurwarm, rou rissiesous reguit uit die hart van die Laeveld. Gemaak met vars rissies, knoffel en kruie vir 'n onbeskaamde skop van geur en hitte. Vir diegene wat die brand kan vat.
Kies jou grootte

Stukkie van der Merwe
Fanasco
'n Soet-en -pittige draai op die klassieke Tabasco-styl, nie te warm, nie te sag nie; net die perfekte skop met 'n tikkie knoffel wat jou steeds laat terugkom vir meer.
Kies jou grootte

Stukkie van der Merwe
Sweet Lips
'n Soet-en-pikante jalapeño-sous met 'n tropiese pynappel-twist — net soos sy naam, gee dit jou eers 'n soet soen en dan 'n warm byt. "Sweet Lips" is vol geur, vol attitude en 100% Suid-Afrikaans. Perfek vir vleis, chips, burgers, braaigeregte of enigiets wat bietjie sass kort.
Kies jou grootte

Stukkie van der Merwe
Slap Chips sous
'n Klassieke Nelspruit legende uit die hartjie van die Laeveld. Glad, pittig met 'n tikkie ekstra olie gemaak vir slap tjips, 'n halwe brood en 'n pint melk. Ekstra vars rissies wat elke keer anders inskop. Nostalgie in elke druppel. Verslawend lekker rissiesous vir jou gesonde leefstyl. 'n Wereld van geur in elke hap. Die rissiesous met SMAAK
Kies jou grootte

Stukkie van der Merwe
Geskenkboks
Proe die hele reeks! Hierdie boks bevat 'n 100ml bottel van elkeen van ons ses unieke, handgemaakte rissiesouse: Hot, Mild, Fana-Peri, Fanasco, Sweet Lips, en die legendariese Slap Chips sous. Ideaal om jou gunsteling te vind of om altyd die perfekte Stukkie-sous byderhand te hê vir enige gereg. 'n Wêreld van geur, netjies verpak in een boks.
Kies jou grootte
Verslawend lekker rissiesous vir jou gesonde leefstyl.
‘n Wêreld van geur in elke hap – Die rissiesous met SMAAK.

Testimonial
What they say about us.



